PDA

View Full Version : Afrikaanse Literatuur


Rudirainbow
8 februari 2007, 15:57
Hier is die voorste webtuiste van Afrikaanse Literatuur in Suid-Afrika. U behoort die Afrikaans maklik te volg. Dit gee wonderlike insig in Suid-Afrika, die literatuur van alle rasse, en ook 'n lewendige brieweblad, Sênet.

Geniet uself!

www.litnet.co.za (http://www.litnet.co.za)

Brandaan
8 februari 2007, 16:10
Merci.
Waar komen jullie trouwens opeens allemaal vandaan? U bent nu al de derde Zuid-Afrikaan in een paar dagen die hier nieuw op het forum komt.

Rudirainbow
8 februari 2007, 16:26
Ons probeer almal nou na die buiteland en veral ons stamlande (Ndl., Duitsland, België, Frankryk) uitreik om hulp aangesien ons regering net op buitelandse druk reageer. Hulle het 'n twee derde meerderheid by die stembus (soos alle vorige vryheidsvegters wat dan politieke partye word in Afrika) en steur hulle nie aan binnelandse druk nie. Al wat hulle voor bang is, is om die 2010 sokker te verloor en dus sal druk van buite help.

1handclapping
8 februari 2007, 16:39
Hulp waarvoor ? Ik dacht dat Zuid-Afrika momenteel zo'n 17 officiële talen heeft & dat het Afrikaans nu niet bepaald de kleinste van die talen is.
Wij zijn in feite nogal slecht ingelicht over de huidige toestand in jullie land-
ik veronderstel dat de zgn "thuislanden" niet meer bestaan en er langzaam maar zeker een migratie op gang komt. De grote welvaartsverschillen zullen er nog steeds wel zijn.. Al bij al zal er in de exploderende steden el een criminaliteitsgolf zijn. De bekende vlaamse auteur Tom Lannoye verblijft regelmatig in SA en geeft ons al eens een beeld van Uw ongetijfeld prachtige land. Recent voerde onze televisie ook een landgenoot van U op in een gesprek over geloof en overtuigingen, die gewezen minister voor politiezaken tijdens de "apartheidstijd" was & mee de transitie onderhandelingen voerde
met Mandela en De Clercq.

Wat het beschermen van taal en cultuur betreft tegen het voornamelijk angelsaksisiche taalimperialisme (het afrikaans is een vorm van nederlands, die sterk "vervuild" is met anglicismen), verwijs ik met plezier naar de Zuid Afrikaanse Esperanto-organisatie.

Rudirainbow
8 februari 2007, 19:26
Dankie. Ek het onder "Politiek - Internationaal" 'n lang verduideliking gepos oor wat in Suid-Afrika aan die gang is op die oomblik. (daar is 11 amptelike landstale, waarvan Afrikaans naas Zulu die een is met die meeste moedertaal-sprekers.) En nee, Afrikaans is 'n taal op sy eie, met sy eie reëls en amptelike spelling en nie net 'n vorm van Nederlands nie. Dis 'n dogtertaal van Nederlands ja, soos Italiaans 'n dogtertaal van Latyn is, maar steeds 'n taal op sy eie.

Dankie vir die belangstelling.

Rudirainbow
8 februari 2007, 19:33
Hier is dit - in 'n neutedop:


Dankie vir die belangstelling G. Jy kan ook op die Brieweblad van www.litnet.co.za gaan kyk (geen regsitrasie nodig) waar daar heeltyd debat oor hierdie kwessie gedoen word. Daar is twee baie (=veel) interessante pole aan't werk: aan die een kant is daar een fenominale groei in Afrikaanse oorspronklike musiek (soos De la Rey) en selfs in die kunste, toneel, literatuur. Daar is kunsfeeste vir Afrikaans in omtrent elke stad en dorp in die land, en word deur duisende bygewoon. Kyk gerus na http://www.kknk.co.za/ . Afrikaanse musiek (en goeie Afrikaanse musiek) verkoop soos soetkoek. Stef Bos tree gereeld daar op, en ek dink Dana Winnergaan hierdie jaar.

Aan die ander kant sit 'n mens met die ANC-regering wat Afrikaans steeds haat as gevolg van apartheid en nie meer die Mandela-beleid volg van rekonsiliasie nie. Affirmative Action, of soos ons dit noem, regstellende aksie, sorg dat blanke mans geen werk meer kan kry in die staatsdiens en by groot ondernemings nie. Dié wat wel nog werk, klou verbete vas en groot druk word op hulle geplaas om te gee pad. Daar is baie minder net Afrikaanse skole oor, en die twee grootste Afrikaanse universiteite, Stellenbosch en Pretoria, word verengels.

Afrikaans en Afrikaners en apartheid (nou reeds langer as 12 jaar volkome afgestel en in praktyk reeds van 1990 af met Mandela se vrylating) word die skuld vir alles gegee in die land wat verkeerd loop.

BEE, of Black Economic Empowerment, is die beleid van die dag. ALLE ondernemings met meer as 50 werknemers moet transformeer sodat die werkskorps en die bestuur meer as 50% swart is, of hulle die werk kan doen en kennis het of nie.

Geen staatskontrakte kan bekom word of selfs kontrakte van ander groot ondernemings, as jou BEE kwota nie korrek is nie.

Al dit op sigself is nie so erg nie, maar die mense wat daarby baatvind, is slegs die baie, baie klein groepie swart elite wat voorheen groot name in die regering of struggle was. Die massas regte armes sien daar niks van nie, niks. Hulle het wel elektrisiteir en water gekry in baie gebiede, maar steeds in 'n shack (een of twee kamer huisies van sinkplate met een brandende naakte gloeilamp en een kraan water).

Daar was maar net amper 5 miljoen blankes in Suid Afrika, met ongeveer 30 - 32 miljoen swartes en so 5 miljoen gemengde ras en Indiërs met die einde van apartheid. Nou , slegs 12 jaar later, is daar amper 40 miljoen swartes (met amper 3 miljoen onwettige immigrante uit Mosambiek, Zimbabwe en elders in Afrika, tot so hoog as Rwanda en Congo wat vir veel van die misdaad blameer word). Nou is daar skaars 4 miljoen blankes oor, een miljoen het die land verlaat en daarmee saam broodnodige kundigheid.

Die praktiese probleem is, ja blankes was met apartheid veel bevoordeel, maar dis al lank verby. In pleks van die blankes gebruik om kundighied oor te dra, op te lei en te deel, word hulle verguis en kort-kort vertel hoe gelukkig hulle is dat die ANC hulle nie na apartheid almal vervolg het nie. Hulle vergeet dat blankes oook aan die land gebou het, al het hulle verkeerde metodes geleer.

In Londen alleen word daar geskat dat daar oor die 400 000 Afrikaners is. Hulle kon in Suid-Afrika gebruik gewees het, maar nee.

Daar is 'n tekort aan polisemanne met kundigheid en opleiding, en net in die week het een van die hoofde van die polisie gesê daar is steeds te veel wittes in die polisie en dit moet gelyk wees (presies op 9,8 %) aan die persentasie blankes in die bevolking.

Alles word op ras bereken, niks op kundigheid, ondervinding of die wil om te werk nie.

Sien hier 'n video in die week geneem http://www.news24.com/Beeld/Video/0,...063223,00.html van hoe polisiemanne lë en slaap in 'n polisiekantoor helder oor dag, terwyl hulle sê hulle hetnie die "resources" om misdaad te beveg nie. Die statistieke oor misdaad en moord së die regering neem af, maar dit is nie so nie. Hulle vergelyk dit met 1994 , maar toe was daar daagliks politieke geweld en moorde in Kwazulu-Natal tussen die ANC en IVP, wat lank reeds opgehou het. Die werklike misdaad en moord neem daagliks toe.

Gaan kyk self op Beeld, die grootste dagblad (krant) in die provinsie Gauteng (die een met die meeste inwonders waarbinne Pretoria en Johannesburg geleë is) - ek soeknie uit nie, hierdie is vandag se uitgawe

http://www.news24.com/Beeld/Home/0,8324,,00.html

Dit lyk elke dag so, en meestal baie erger as dit.

Daarom het ons druk van die buiteland op die regering nodig om die misdaad vas te vat, deur te dreig om die 2010 Sokker Wêreldbeker weg te vat. Dis al waarvoor die regering sal skrik, want dan verloor hulle en hulle maats, familie en meelopers al die winsgewende kontrakte.

Suid-Afrika is Afrika politiek op sy beste, net so nepotisties en net so korrup, maar net baie (veel) meer slimmer en subtiel, want hulle het baie goed geleer uit mense soos Mugabe om nie blatant en uitdagend te wees nie, als gebeur agter die sekrms en op TV hou hulle hulle vroom, terwyl die land afbrand.

Otto
8 februari 2007, 20:38
Een prachtige taal en cultuur wordt momenteel onderdrukt door de boevenbende die thans de lakens uitdeelt. Ze mochten wel wat dankbaarder zijn voor alle vrijheden die ze hebben vergaard de afgelopen jaren. Het land gaat in zijn geheel naar de mieter ze glijden langzaam af terwijl ze juist zouden moeten profiteren van het stopzetten van de boycots.

Rudirainbow
8 februari 2007, 21:13
Die swart elite (so 100 individue) geniet die rykdom, die ander 40 miljoen swartes sien daar niks van.

Rudirainbow
11 februari 2007, 10:32
Woonbuurt- skok


http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,7718,752-795_2067483,00.html

Rudirainbow
12 februari 2007, 10:18
'n Lekker debat/seminaar:

http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_custom&cause_id=1270&page=delarey