Politics.be

Politics.be (https://forum.politics.be/index.php)
-   Buitenland (https://forum.politics.be/forumdisplay.php?f=65)
-   -   Geagte President Mbeki (https://forum.politics.be/showthread.php?t=78811)

MAXIM 2 maart 2007 16:39

Die ANC regering en hul leierskader se ideologiese denke is destyds, vòòr 1990, deur hul leermeesters in veral Rusland en die voormalige Oos Duitsland gevorm. Hulle het op geen stadium afskeid geneem van die uitgediende metodes en denke van hul mentors se leringe wat hulle in Leipzig, Dresden en Moskou ontvang het nie.

Die vereiste rewolusie wat die diktatuur van die proletariaat moes vooraf gaan, is gefrustreer met die magsoorgawe van FW De Klerk en sy trawante.

Die onafwendbare rewolusie, volgens hul Marxistiese denke, is egter oor veral die afgelope 5 jaar aan't ontwikkel met die volksmoord wat teen die boere op die platteland gepleeg word, beslaglegging van eiendom en die onsinnige geweld wat veral teen die besitterklasse gepleeg word. Moordsyfers oor die afgelope 10 jaar van meer as 50 mense per dag!!!
Hierdie verwoesting word voortgesit met 'n staatshoof en sy minister van Sekuriteit(!) wat die moord en geweld as versinsels en van mindere belang beskryf.

Die rewolusie wat die diktatuur van die proletariaat moet vooraf gaan, word dus vir die huidige onder die gerieflike dekmantel van misdadigheid uitgevoer, wat uitstekend inpas by die ideologiese denkpatrone van die ANC regime.


Alle tijden zijn GMT +1. Het is nu 20:11.

Forumsoftware: vBulletin®
Copyright ©2000 - 2025, Jelsoft Enterprises Ltd.
Content copyright ©2002 - 2020, Politics.be