12 april 2006, 10:28
|
#2
|
Secretaris-Generaal VN
Geregistreerd: 27 juni 2005
Berichten: 42.814
|
Bron:
Citaat:
Oorspronkelijk geplaatst door Beeld
Nuwe wet verseker 'n vet aftrede vir Mugabe
Apr 11 2006 09:05:52:720PM - (SA)
Barnabas Thondhlana
Media24-Afrika-kantoor
Harare. - Zimbabwe se pres. Robert Mugabe beplan om te sorg dat hy nie honger ly wanneer hy die dag aftree nie.
Inteendeel, ingevolge 'n nuwe wet sal Mugabe op sy oudag 75% van sy huidige salaris ontvang, sowel as al die voordele van 'n president.
Die opposisie, die beweging vir demokratiese verandering (MDC), sê in die lig van die skade wat Mugabe se beleid aan die land se ekonomie aangerig het, behoort hy nou al in te stem om glad nie 'n pensioen van die staat te ontvang nie.
Hy behoort eerder te leef van "die rykdom wat hy en sy makkers van Zimbabwe gesteel het en in die buiteland weggesteek het," meen die MDC.
Die nuwe wet rondom pensioene, wat glo binnekort deur die parlement deurgevoer sal word, is só geformuleer dat net Mugabe en sy gesin van die luukse aftrede verseker word en nie Mugabe se voorganger nie, mnr. Canaan Banana, wat tot in 1987 as nie-uitvoerende president van Zimbabwe gedien het.
Mugabe het in 1987 Banana verslaan en die pos van president en eerste minister laat saamval.
Die nuwe pensioenplan kom nadat Mugabe die afgelope jaar vir homself 'n reeks salarisverhogings van sowat 1 000% gegee het.
Die plan rondom die pensioen het wel bespiegeling laat ontstaan dat Mugabe dalk beplan om binnekort af te tree - iets wat baie kritici binne en buite Zimbabwe graag wil sien plaasvind.
Die MDC en burgerlike organisasies meen egter dat daar nie veel hoop is dat dit gaan plaasvind nie en dui slegs daarop dat Mugabe, soos ander diktators, net na hul eie gemak omsien.
Benewens die pensioenplan het Mugabe glo ook ingestem om soldate se salarisse te verhoog om seker te maak die weermag bly lojaal aan hom in die geval van 'n massa-opstand deur die opposisie.
Beeld het van betroubare bronne binne die weermag verneem dat Mugabe deur genl. Constantine Chiwenga, hoof van die weermag, gemaan is om salarisse te verhoog anders kan hy nie op hulle staatmaak nie.
Soldate se salarisse is in dié stadium só laag dat hulle in baie ge valle selfs nog swaarder getref word deur die ekonomiese krisis as baie ander Zimbabwiërs.
|
Beeld - http://www.news24.com/Beeld
|
|
|