![]() |
Registreren kan je hier. Problemen met registreren of reageren op de berichten? Een verloren wachtwoord? Gelieve een mail te zenden naar [email protected] met vermelding van je gebruikersnaam. |
|
|||||||
| Registreer | FAQ | Forumreglement | Ledenlijst | Markeer forums als gelezen |
| be.politics Via dit forum kun je alle berichten lezen die worden gepost op de nieuwsgroep be.politics. Je kunt hier ook reageren op deze berichten, reacties worden dan ook in deze nieuwsgroep gepost. Vergeet niet om dit te lezen. |
|
|
Discussietools |
|
|
#1 |
|
Berichten: n/a
|
http://www.praag.org/rubriek149.htm
Rassisme en piesangs __________________________________________________ _________ Dan Roodt Die afgelope weke kook en borrel dit in Suid-Afrika rondom die begrip "rassisme". Die ergste belediging wat mens enigiemand deesdae kan toevoeg is om hom of haar 'n rassis te noem. Ekself is onlangs hieraan blootgestel, maar so ook die liberale regters Traverso en King van die Kaapse regbank. Die herrie rondom rassisme op die regbank tier nog steeds en dit wil voorkom asof die Kaapse hoofregter, John Hlophe, elke blanke regter of advokaat van rassisme verdink. Selfs die praat van Afrikaans in sy teenwoordigheid word blykbaar as rassisme geïnterpreteer. Die beheptheid met rassisme is natuurlik iets wat ons van die Amerikaners oorgeneem het. In die verlede het verdelingslyne in Suid-Afrika langs etniese en taalgrense gestrek - hoewel ons vanuit die buiteland egter volgens die Amerikaanse rassemodel gesien is. Sedert die ANC-oorname word mense in Suid-Afrika egter streng in rassekategorieë ingedeel, presies soos dit in die VSA gedoen word. Daarom is dit gepas dat ons in Amerika moet gaan soek vir 'n definisie van rassisme. Een van die onlangse omskrywings van rassisme wat ek op die internet teëgekom het, is: "om 'n piesang te eet". Ja, u het reg gelees, die eet van 'n piesang kan onder sekere omstandighede as "rassisties" ervaar word. So 'n geval het onlangs in die VSA voorgekom toe 'n optog in die stad Columbus op 15 Januarie 2005, Martin Luther King-dag, gehou is. 'n Onbekende swart vrou het agterna 'n klag van rassisme teen 'n polisieman by die burgemeester, mnr. Bob Poydasheff, aanhangig gemaak. Wat het die polisieman gedoen? Het hy een van die swart optoggangers een of ander rassistiese skelwoord toegevoeg? Het hy gewelddadig teenoor iemand opgetree? Nee, al wat die arme man gedoen het, was om 'n piesang te eet. Die ergste van alles is dat die burgemeester dié "klag", as mens dit so kan noem, ernstig opgeneem het. Trouens, hy het agterna die vrou om verskoning gevra dat 'n polisieman in sy stad 'n piesang op Martin Luther King-dag naby 'n optog geëet het. In sy woorde: "Soos ek aan u tydens ons telefoongesprek genoem het, spyt dit my dat u Columbus-polisiemanne teëgekom het wat besig was om op straat piesangs te eet toe u in Columbus vir die betoging aangekom het. Ek verseker u dat daar geen bedoeling was om aanstoot te gee nie. Die konstabels het voeding nodig gehad ná hulle vele lang ure op straat gestaan het en veral die potassium wat in piesangs en ander vrugte te vinde is." Die burgemeester gaan voort deur te sê: "Daar was geen gedagte om enigiemand te beledig of aanstoot te gee nie en miskien was dit onnadenkend aan ons kant. Laat my in elk geval opreg om verskoning vra vir enigiets wat ons polisiemanne kon gedoen het wat aan u of enigiemand anders aanstoot gegee het." Nou voel ek skielik skuldig. Ek moet bely dat ek so pas 'n piesang genuttig het. Trouens, dit maak deel uit van my daaglikse ontbyt, waarskynlik omdat ek insgelyks 'n behoefte aan potassium en ander voedingstowwe voel. Sou Max du Preez dit as 'n teken van my rassisme en verbintenis tot "blanke suprematisme" kon interpreteer? Moet die onskuldige piesang as 'n rassistiese simbool gesien word omdat dit beelde van sjimpansees wat iewers in die oerwoud dolgelukkig dié vrugte afskil en verorber, oproep? Beelde wat dan onwillekeurig met swartes geassosieer sal word, of liewer, wat swartes en sommige linkse wittes in hul hipersensitiwiteit vir rassistiese simboliek of toespelings geredelik op hulself van toepassing sal maak? Enkele jare gelede was daar 'n geval van 'n blanke vrou wat 'n swart kollega se fout met die onskuldige Afrikaanse uitroep "hoe kan jy nou so 'n bobbejaan wees?" begroet het, en ook sy het haar 'n aanklag van "rassisme" op die hals gehaal. Oor die begrip "ras" kan daar heelwat gesê word (sien my vorige rubriek Bloed, ras en genetika hieroor). Maar "rassisme" raak toenemend 'n baie vae en al hoe meer belaglike begrip. Dink gerus twee keer daaroor as u weer lus kry om 'n piesang te eet. En maak tog seker dat daar geen swart persoon, of iemand soos Max du Preez, in die omgewing is as u die geel vruggie begin afskil nie. |
|
|
#2 |
|
Berichten: n/a
|
On 6 Mar 2005 04:16:05 -0800, [email protected] (G. Bartels) wrote:
>Rassisme en piesangs Rascisme en bananen???? =========== Pisang Goreng (gebakken banaan) Middelen. ruim voor 4 personen 2 kookbananen (zijn grote bananen. toko) 2 kopjes bloem Zout 1 tot 2 theelepeltjes. kopje lauw water. plantaardige olie. Voorbereiding Ontdoe de bananen van hun schil, en snij ze in drie delen, daarna over de lengte dikke repen maken. maak van de bloem het zout en het water een niet al te dun beslag. Bereiding. Plaats een bakpan op het vuur met de olie. Dompel de stukjes banaan in het beslag bak ze in de hete olie tot een mooie lichtbruine korst te zien is. Dit heet in suriname baka bana. Er is ook een variant mogelijk. de banaan gewoon bakken. ======================= |
|
|
#3 |
|
Berichten: n/a
|
Dalk, eendag as ons oor die onregverdighede van die verlede is, en
almal het identiese omstandighede en geleenthede. Dan sal niemand iets hê om oor te kla nie. Behalwe die skrapse talente wat hulle dalk mee gebore is of die weerlig wat sy huis afgebrand het. Dan sal ons regstellende natuurfratse moet hê, of regstellende geenmanipulasie. Dis vanselfsprekend moeilike goed om te doen, wat makliker is: brand almal se huise af of bestraal hulle dom. Dan is ons weer gelyk... |
|
|
#4 |
|
Berichten: n/a
|
G. Bartels schreef/citeerde op 6 Mar 2005 04:16:05 -0800:
> Die beheptheid met rassisme is natuurlik iets wat ons van die > Amerikaners oorgeneem het. Laat maar weer. |
|
|
#5 |
|
Berichten: n/a
|
"Booner" <[email protected]> schreef in bericht
<[email protected] .com>: >Dalk, eendag as ons oor die onregverdighede van die verlede is, en >almal het identiese omstandighede en geleenthede. Dan sal niemand iets >hê om oor te kla nie. Behalwe die skrapse talente wat hulle dalk mee >gebore is of die weerlig wat sy huis afgebrand het. Dan sal ons >regstellende natuurfratse moet hê, of regstellende geenmanipulasie. >Dis vanselfsprekend moeilike goed om te doen, wat makliker is: brand >almal se huise af of bestraal hulle dom. Dan is ons weer gelyk... Jy is baie reg Broer Booner - ek kan mos ook nouliks verdra dat boetie 'Willem-Jan Markerink' vinniger as ek jaag in se SUV. Laat ons se petrol ietwat met stof besoedel. -- PietHein |
|
|
#6 |
|
Berichten: n/a
|
PietHein <[email protected]> wrote in
news:qkwxjk33v96iz9itd9rudd2kbknk89okf@hein: > "Booner" <[email protected]> schreef in bericht > <[email protected] .com>: > >>Dalk, eendag as ons oor die onregverdighede van die verlede is, en >>almal het identiese omstandighede en geleenthede. Dan sal niemand iets >>hê om oor te kla nie. Behalwe die skrapse talente wat hulle dalk mee >>gebore is of die weerlig wat sy huis afgebrand het. Dan sal ons >>regstellende natuurfratse moet hê, of regstellende geenmanipulasie. >>Dis vanselfsprekend moeilike goed om te doen, wat makliker is: brand >>almal se huise af of bestraal hulle dom. Dan is ons weer gelyk... > > Jy is baie reg Broer Booner - ek kan mos ook nouliks verdra dat boetie > 'Willem-Jan Markerink' vinniger as ek jaag in se SUV. > Laat ons se petrol ietwat met stof besoedel. Benzine is om mee te poetsen. -- Bye, Willem-Jan Markerink The desire to understand is sometimes far less intelligent than the inability to understand <[email protected]> [note: 'a-one' & 'en-el'!] |
|
|
#7 |
|
Berichten: n/a
|
In Namibië moet jy baie, baie versigtig wees om iemand nie 'n bobbejaan te
noem of enige konnotasie daarmee te maak wat moontlik 'n swart mens kan verwys as hy/sy dan sou iets met bobejaane te doen sou hê nie. Dis vir ons Afrikaansprekendes nogal moeilik want ons streektaal is baie beskrywend en sterk gekoppel aan die natuur en die diereryk. Dis vir ons moeilik om te verstaan wat die probleem is, want die bobbejane is die slimste diere op aarde en in vele gevalle dalk slimmer as die mens, maar as mens na die voorkoms kyk, dan kan mens die sensitiwiteit verstaan. "G. Bartels" <[email protected]> wrote in message news:[email protected] om... > http://www.praag.org/rubriek149.htm > > Rassisme en piesangs |
|
|
#8 |
|
Berichten: n/a
|
Miskien moet julle die ongelukkiges vra met watter dier hulle vergelyk wil
word as jy hulle wil komplimenteer oor hul intelligensie en aantreklikheid:))) -- Groetnis Annette "Suidwester" <[email protected]> wrote in message news:[email protected]... > In Namibië moet jy baie, baie versigtig wees om iemand nie 'n bobbejaan te > noem of enige konnotasie daarmee te maak wat moontlik 'n swart mens kan > verwys as hy/sy dan sou iets met bobejaane te doen sou hê nie. Dis vir ons > Afrikaansprekendes nogal moeilik want ons streektaal is baie beskrywend en > sterk gekoppel aan die natuur en die diereryk. Dis vir ons moeilik om te > verstaan wat die probleem is, want die bobbejane is die slimste diere op > aarde en in vele gevalle dalk slimmer as die mens, maar as mens na die > voorkoms kyk, dan kan mens die sensitiwiteit verstaan. > "G. Bartels" <[email protected]> wrote in message > news:[email protected] om... > > http://www.praag.org/rubriek149.htm > > > > Rassisme en piesangs > > |
|
|
#9 |
|
Berichten: n/a
|
Ongelukkig gebeur dit mos op die ingewing van die oomblik. As jy vir
iemand sê hy tree nou op soos 'n bobbejaan, dan bedoel jy die snaakse eienskappe van die dier of dalk slegter einskappe, soos stupid, ens. Jy kan enige mens 'n skaap noem oor hy stoepid was en niemand sal jou aankla van rassisme nie. Of 'n vrou 'n koei as sy natuurlik is..........Dalk is dit oor die looks van die arme bobbejaan waar die probleem lê? "Annette" <[email protected]> wrote in message news:[email protected]... > Miskien moet julle die ongelukkiges vra met watter dier hulle vergelyk wil > word as jy hulle wil komplimenteer oor hul intelligensie en > aantreklikheid:))) > -- > Groetnis > Annette > "Suidwester" <[email protected]> wrote in message > news:[email protected]... >> In Namibië moet jy baie, baie versigtig wees om iemand nie 'n bobbejaan >> te >> noem of enige konnotasie daarmee te maak wat moontlik 'n swart mens kan >> verwys as hy/sy dan sou iets met bobejaane te doen sou hê nie. Dis vir > ons >> Afrikaansprekendes nogal moeilik want ons streektaal is baie beskrywend >> en >> sterk gekoppel aan die natuur en die diereryk. Dis vir ons moeilik om >> te >> verstaan wat die probleem is, want die bobbejane is die slimste diere op >> aarde en in vele gevalle dalk slimmer as die mens, maar as mens na die >> voorkoms kyk, dan kan mens die sensitiwiteit verstaan. >> "G. Bartels" <[email protected]> wrote in message >> news:[email protected] om... >> > http://www.praag.org/rubriek149.htm >> > >> > Rassisme en piesangs >> >> > > |
|
|
#10 |
|
Berichten: n/a
|
"G. Bartels" <[email protected]> wrote in message
news:[email protected] om... > > Rassisme en piesangs > Hoe kan jy nou so 'n bobbejaan wees? u. |