Politics.be Registreren kan je hier.
Problemen met registreren of reageren op de berichten?
Een verloren wachtwoord?
Gelieve een mail te zenden naar [email protected] met vermelding van je gebruikersnaam.

Ga terug   Politics.be > Diverse > Archief > Usenet > be.politics
Registreer FAQForumreglement Ledenlijst

be.politics Via dit forum kun je alle berichten lezen die worden gepost op de nieuwsgroep be.politics. Je kunt hier ook reageren op deze berichten, reacties worden dan ook in deze nieuwsgroep gepost. Vergeet niet om dit te lezen.

 
 
Discussietools
Oud 13 januari 2007, 14:43   #1
Schorsch
 
Berichten: n/a
Standaard Mbeki se rassekaart 'n pitseer wat skaaf

</quote>Mbeki se rassekaart 'n pitseer wat skaaf
Jan 11 2007 05:46:44:413PM - (SA)

DIE ANC het vandeesweek sy 95ste verjaardag gevier. Môre gaan pres.
Thabo Mbeki in sy tradisionele Januarie-boodskap die kans kry om
leiding te gee aan 'n wagtende nasie op wie groot uitdaginge wag in
2007.

Dit sal Mbeki loon om breër te kyk as sy verwagte pogings om die
groter wordende eenheidsbarste in net die regerende alliansie te
probeer herstel.

Nasiebou het onder Mbeki se leierskap agteruitgegaan. Die ideaal van
'n inklusiewe reënboognasie staan verweer en verwaarloos terwyl die
laaste fase van Mbeki se termyn aanbreek. In die plek van die vorige
apartheidsregime, het Mbeki se ongesonde beheptheid met velkleur 'n
nuwe geestelike apartheid geskep wat alles in die land versuur. 'n
Bose nuwe rasse-pitseer is geskep.

Dit behoort vir die ANC wat in sy struggle-jare groot klem op
nie-rassigheid geplaas het en wat dit ná 1994 onder pres. Nelson
Mandela in stand gehou het, tot kommer en nadenke te stem.

Met die voorbeeld van die rassekaart wat Mbeki links en regs speel, het
dit 'n gerieflike verskoning vir talle geword om kritiek teen die
foute van die ANC en regering te probeer afmaak en verdoesel.

Speel die rassekaart, het in die Mbeki-era die nuwe "towerstaf"
geword om lastige vrae en kritiek oor foute te probeer ontduik.

Dit stook verder die vlamme van 'n oorbeklemtoning van ras wat tot
onder meer ongesonde toepassing van regstellende aksie lei. Mense word
op grond van velkleur uitgedryf, afgeskryf, maak nie saak of
dienslewering en kundigheid skade ly nie.

In 'n hoofartikel hieronder word gewys op die skade byvoorbeeld in
die onderwys, waar 'n bekwame onderwysman op grond van kleur nie
geakkommodeer word nie. Dit terwyl die onderwys, soos ander instansies,
mank gaan aan kundigheid. Miljoene Suid-Afrikaners, die nuwe
Suid-Afrika, ly hieronder. Tog hou talle in die ANC en regering met
Mbeki aan die spits, vol met die speel van die rassekaart en die skep
van nuwe apartheid.

Die SAKP se jeugliga, die Jong Kommuniste-liga (JKL), het onlangs na
Mbeki verwys as 'n "diktator" wat "verskonings soek" vir die
probleme in sy party en wie se "taktiek" aan die apartheidstyd
herinner.

Volksblad sou kon byvoeg: Taktiek uit die apartheidstyd, skep
noodwendig naderhand nuwe apartheid en dieselfde soort
velkleur-vergrype as dié van die vorige regime. Dit hoort nie in die
nuwe nie-rassige Suid-Afrika nie. Dis 'n onding.

Bostaande is egter nie die enigste harde oordeel uit die binnekring van
die ANC-regeringsalliansie self nie. Cosatu het Mbeki bygekom weens die
rassekaart wat hy speel.

Dit kom nadat onder andere Cosatu en die SAKP hul misnoeë uitgespreek
het oor kabinetslede en ander ANC-hoës se aandeelhouding in die
peperduur Gautrein-pojek.

Nadat Mbeki die kritiek probeer afmaak het deur te sê "die
rassistiese beskouing van swartes as geneig tot korrupsie,
omkoopbaarheid en wanbestuur" is die rede agter die kritiek, het
Cosatu gesê hulle is "veral ontstig" oor Mbeki "se gebruik van
die rassekaart".

"Boonop laat die president se styl veel te wense oor. Hy probeer
altyd om diegene met wie hy nie saamstem nie, se ware besorgdheid wan
voor te stel ten einde hulle te verkleineer en hul integriteit aan te
val," het Costatu gesê.

Dis die kern van die saak. Hier lê die pit van 'n bose pitseer wat
Mbeki self in die nuwe Suid-Afrika geskep het.

As iemand kritiseer, maak hom verdag, val sy bona fides aan. Die
rassekaart kom hierin uiters handig te pas.

Dié laakbare taktiek is vandeesweek weer in Volksblad duidelik
geïllustreer.

'n Gerespekteerde, verligte joernalis en patriotiese Suid-Afrikaner,
Ferdi Greyling, het geskryf wat hy en sy gesin onder misdadigers moes
verduur.

Hoe hy sy vertroue in misdaadbekamping verloor het weens sovele ander
Suid-Afrikaners wat in dieselfde bootjie sit en ook nie gehelp word
nie.

Hangwani Mulaudzi, as woordvoerder van die departement van veiligheid
en sekuriteit, se reaksie hierop was 'n teksboek-voorbeeld van wat
Cosatu oor Mbeki uitgewys het.

Ons nuwe Suid-Afrika móét daarsonder. Staak dit. Dit skep 'n
pitseer op 'n plek wat elke dag skaaf - die strewe na
nie-rassigheid. Dit vergiftig die lewensnoodsaaklike nie-rassige
lewensbloed van ons nuwe Suid-Afrika.
http://www.news24.com/Die_Volksblad/...053846,00.html
<quote>

 
Oud 13 januari 2007, 21:33   #2
 
Berichten: n/a
Standaard Re: Mbeki se rassekaart 'n pitseer wat skaaf

hier heeft iemand z'n best op gedaan.

 
 



Regels voor berichten
Je mag niet nieuwe discussies starten
Je mag niet reageren op berichten
Je mag niet bijlagen versturen
Je mag niet jouw berichten bewerken

vB-code is Aan
Smileys zijn Uit
[IMG]-code is Uit
HTML-code is Uit
Forumnavigatie


Alle tijden zijn GMT +1. Het is nu 17:42.


Forumsoftware: vBulletin®
Copyright ©2000 - 2025, Jelsoft Enterprises Ltd.
Content copyright ©2002 - 2020, Politics.be