Politics.be Registreren kan je hier.
Problemen met registreren of reageren op de berichten?
Een verloren wachtwoord?
Gelieve een mail te zenden naar [email protected] met vermelding van je gebruikersnaam.

Ga terug   Politics.be > Algemeen > Buitenland
Registreer FAQForumreglement Ledenlijst

Buitenland Internationale onderwerpen, de politiek van de Europese lidstaten, over de werking van Europa, Europese instellingen, ... politieke en maatschappelijke discussies.

Antwoord
 
Discussietools
Oud 1 februari 2007, 15:50   #61
MAXIM
Vreemdeling
 
Geregistreerd: 24 januari 2007
Berichten: 26
Standaard uhuru

Aereal ek vermoed Dr S is korrek en dat dit 'n Swahili woord is.
Sovêr my kennis strek is die betekenis...vryheid. Dit is in iedere geval die woord wat vryelik gebruik is om die tydperk van onafhanklik wording van talle Afrika state van hul voormalige koloniale heersers gedurende die laat vyftiger en vroeë sestiger jare, aan te dui.
Wat van daar na die huidige ontwikkel het en steeds aan't gebeur is, is natuurlik weer 'n verhaal op sy eie.
MAXIM is offline   Met citaat antwoorden
Oud 9 februari 2007, 16:44   #62
Golradir
Vreemdeling
 
Geregistreerd: 31 januari 2007
Berichten: 55
Standaard

In de NRC van vandaag staat een artikel over de landbouwhervormingen:
http://www.nrc.nl/buitenland/article...and_is_van_ons
Golradir is offline   Met citaat antwoorden
Oud 9 februari 2007, 20:41   #63
D'ARTOIS
Perm. Vertegenwoordiger VN
 
D'ARTOIS's schermafbeelding
 
Geregistreerd: 2 januari 2006
Berichten: 11.569
Standaard

Citaat:
Oorspronkelijk geplaatst door Aereal Bekijk bericht
Wat betekent/is Uhuru?
Dr Strangelove geeft de juiste vertaling aan. "Uhuru" in het Kenya Swahili betekent Vrijheid.
__________________
Brussel regeert, Brussel dicteert, de burger gireert.
Ondertussen neemt de Euroscepsis hand over hand toe.
D'ARTOIS is offline   Met citaat antwoorden
Oud 11 februari 2007, 21:40   #64
Rudirainbow
Vreemdeling
 
Geregistreerd: 6 februari 2007
Berichten: 92
Standaard

Volgends die Waarheids- en Versoeningskommissie van Biskop Tutu kan net oor die 3000 moorde op politieke teikens aan die apartheidregime toegedig word. Sedert 1994, met die oorname van die ANC, is daar meer as 200 000 (ja!) mense vermoor in SA. Die meeste mense wat nou die moorde pleeg, is swart mans tussen 16 en 24 jaar - party selfs wat nog nie gebore was toe Mandela vrygelaat is nie, en meestal bitter min van hulle wat ooit apartheid kon onthou. Een van die grootste probleme is die swart kultuur van boikot, afbreek (en dans daarmee saam!), wanbetaling van dienste ens,. wat oorbly uit die protesaksies teen apartheid uit die 70's en 80's. Nou dat daar niks meer oor is om teen te protesteer nie, al is daar korrupsie ens., hou die kultuur van protes en nie-werk en nie-betaal steeds aan. Daar is beloftes in 1994 gemaak van huise, motors (Mercedes nogal lol), en wasmasjiene (!), wat natuurlik nie gebeur het nie. Daar word wel huise gebou, maar is baie klein, van swak gehalte en daar is heeltemal te min van. Onwettige immigrasie van Afrikane wat vlug uit hul eie armoede, is besig om ons te verswelg. Daar word geskat dat daar tot 3 miljoen onwettiges is in SA< van lande soos Rwanda, Congo, Somalië, Zimbabwe, Mosambiek, Nigerië (baie wat by dwelmmisdaad betrokke is), selfs Morokko. Johannesburg is soos 'n VN in die kleine.
Daar is selfs sprake dat die Zimbabwe weermag betrokke is by misdaad in SA, aangesien die transitorooftogte waar groot hoeveelde kontant gebuit word met militêre presiesheid uitgevoer word, en dan is daar Zimbabwiërs betrokke by die paar gangs wat gevang is. In Zimbabwe is die inflasiekoers net oor die 1000% en hulle het buitelandse valuta dringend nodig om olie, petrol, elektrisiteit by SA en ander plekke te koop.
Een van die mees berugte misdadigers in SA, ene Mathe, wat uit die strengste maksimumgevangenis ontsnap het, is 'n Mosambieker met twee vrouens en 'n klomp kinders in Mosambiek, waar hy in sy tuisdorpie as 'n held gereken is. Hier is deel van sy storie:

http://www.mg.co.za/articlePage.aspx...ews__national/

Laatst gewijzigd door Rudirainbow : 11 februari 2007 om 21:42.
Rudirainbow is offline   Met citaat antwoorden
Oud 11 februari 2007, 22:09   #65
Rudirainbow
Vreemdeling
 
Geregistreerd: 6 februari 2007
Berichten: 92
Standaard

Lyk my ek is te konserwatief - "is daar meer as 200 000 (ja!) mense vermoor in SA." 'n ander bron wat ek geraadpleeg het, gee die syfer aan as 350 000.
Rudirainbow is offline   Met citaat antwoorden
Oud 12 februari 2007, 00:48   #66
Hertog van Gelre
Perm. Vertegenwoordiger VN
 
Hertog van Gelre's schermafbeelding
 
Geregistreerd: 31 augustus 2005
Locatie: De Nederlanden
Berichten: 16.099
Standaard

Citaat:
Oorspronkelijk geplaatst door MAXIM Bekijk bericht
Aereal ek vermoed Dr S is korrek en dat dit 'n Swahili woord is.
Sovêr my kennis strek is die betekenis...vryheid. Dit is in iedere geval die woord wat vryelik gebruik is om die tydperk van onafhanklik wording van talle Afrika state van hul voormalige koloniale heersers gedurende die laat vyftiger en vroeë sestiger jare, aan te dui.
Wat van daar na die huidige ontwikkel het en steeds aan't gebeur is, is natuurlik weer 'n verhaal op sy eie.

Citaat:
"Uhura" comes from the Swahili word Uhuru, which means "freedom". This is possibly an allusion on Star Trek creator Gene Roddenberry's part to the Uhuru African Socialist movement founded by Tanzanian leader Julius Nyerere, which attracted some U.S. citizens' attention during the 1960s.
Hertog van Gelre is offline   Met citaat antwoorden
Oud 12 februari 2007, 16:16   #67
Rudirainbow
Vreemdeling
 
Geregistreerd: 6 februari 2007
Berichten: 92
Standaard

Die wit newels van waansin

Heinrich B Zaayman


Terwyl die Polisie om jou rondskarrel om leidrade te probeer vind, sit jy op die stoep in die son, op 'n snikhete Desemberoggend onder 'n kombers en ruk. Die simpatieke sersant wat op haar hurke by jou sit het vir jou 'n koppie walglike soet swarttee gebring.

Dit is asof jy van buite af 'n grusame riller-rolprent aanskou. Die bloed, die liggame, die stilte oor die werf. Jy kom agter dat die voëls nog steeds stil is. Jy probeer kalm bly, maar daar is sulke wit newels wat oor jou redenasievermoëns spoel. Jy probeer die emosies wat saam met daardie newels kom ontleed, en dan besef jy daar is net een beskrywing – waansin.

Want jy voel waansinnig hartseer en kwaad tegelyk. Jy soek iemand om te beskuldig, en jy wil daardie iemand vermorsel. Jy wil hom laat sterf op die wreedste manier denkbaar. Jy wonder waar was God, om toe te laat dat twee sulke wonderlike en gelowige mense so wreed moes sterf, en jy verwyt Hom. "Waar de fok was Jy? Hoekom – hoekom –hoekom????????" prewel jy, maar daar is nie antwoorde nie.
Jy kyk weer na die swarte wie se keel deur die honde afgeruk is, en jy dink; "Goed so Bliksem, ek hoop jy het stadig gevrek en geroggel in jou eie bloed."

As jy die soet tee drink, begin die newels so ‘n bietjie terugtrek en jy besef jy moet die familie laat weet. Soos 'n zombie loop jy na die telefoon en bel vir Ma en Pa. Dit is Ma wat antwoord. "Ma, ek het slegte nuus," begin jy. "Here Heinrich, wat is fout?" skree-vra Ma as jou stem jou gemoedstoestand weergee. "Ma, dit is Oupa en Ouma," begin jy. "Nee, Here asseblief tog, nee!!!” Skree Ma, en die volgende oomblik is Pa op die lyn. Hy bring soos altyd bietjie kalmte in jou lyf. Jy verduidelik dat Oupa en Ouma vermoor is, maar los die detail uit. Dit voel net onmoontlik om dit te beskryf, so asof dit onwerklik is. Pa belowe hulle sal dadelik ry, en jy stop hom en sê dat Ma dit nie mag sien nie, hulle moet eers later kom. Sonder verduideliking verstaan Pa.
Dan begin jy wonder hoe jy die huis gaan skoonkry, so sonder hulp. Hoe jy jouself sover gaan kry om skoon te maak. Al die bloed ...

Die polisie se lykswa hou voor die huis stil. Jy kan nie glo die twee oumense word met so 'n vuil en onpersoonlike voertuig weggeneem nie. So onwaardig. Die wit newels begin weer oor jou denke spoel, en jy ervaar 'n intense haat. Dis hulle skuld, en jy wil hulle in die hande kry om te boet!!!!!!!! Hulle moet boet!!!!

Sersant Dhlamini bring vir jou 'n toebroodjie. Dit proe soos rubber en kaartbord, en jy bedank haar vriendelik en wonder of jy ooit weer in jou lewe gaan eet, of 'n eetlus gaan hê.
Daar stop 'n rooi bakkie voor die huis, en 'n vriendelike blonde vrou klim uit. Sy verduidelik dat hulle misdaadtonele opruim, en dat ek nie bekommerd moet wees nie. Hulle sal alles skoonmaak, hulle wag net vir die polisiefotograwe om klaar te maak. Jy glimlag dankbaar.

Twee polisiemanne sleep Oupa se lieflingshond aan sy agterpote uit die huis en jy wil op hulle skree om die hond met respek te behandel. Jy vat egter woordeloos by hulle oor en dra die hond se verminkte karkas na die koelkamer, en lê dit saggies neer. Dan gaan haal jy die ander hond, en doen dieselfde. Dan begin jy wonder oor die ander diere, en stap krale toe. Tussendeur veg jy teen die wit newels. En al wat jy hoor is die polisie se doen en late. Die werf, die omgewing is stil. Jy kyk verbaas na die bloed aan jou klere, en wonder hoeveel daarvan is Oupa en Ouma s'n.

Asof jy outomaties kan beweeg, gee jy diere voer en water. Selfs hulle lyk verwese. So asof hulle bang is hulle hoor weer gille van die huis af.

Dan kom die eerste verlossing. Die buurman, oom Willie en sy vrou, Erika, kom aangestap. Jy het ook omtrent voor hulle grootgeword, en kan ewe skielik nie meer die trane terughou nie. En die geween van 'n groot man het 'n rouheid van sy eie. Dit weerklink van woede, frustrasie en hartseer oor jy nie die tragedie kon keer nie. Oor selfs jou manwees ontoereikend was om jou geliefdes te beskerm.

Die twee ou mense hou jou vas asof jy hulle eie kind is. En net hulle aanraking bring bietjie kalmte en verdryf die wit newels. Vir eers.

Heinrich B Zaayman

http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga...993&cat_id=160
Rudirainbow is offline   Met citaat antwoorden
Oud 12 februari 2007, 16:33   #68
Kandas
Vreemdeling
 
Geregistreerd: 30 januari 2007
Berichten: 14
Standaard SA: Apartheid

Citaat:
Oorspronkelijk geplaatst door Kandas Bekijk bericht
[FONT=Times New Roman][SIZE=3]Ek voel myself verplig om by my landgenoot Maxim, vanuit Suid-Afrika, aan te sluit. Ek is die eerste persoon wat graag erken dat apartheid ‘n onding was, dat daar baie leed aan swartmense gedoen is. Ons het lieflike swart mense in hierdie land, dit is grotendeels nie hulle wat die probleme veroorsaak nie. Dat daar wel ekstremiste in ons Regerings is, is ook waar, maar ons grootste probleme is op ‘n ander vlak. Maar net soos hulle destyds, hulle op die buiteland beroep het om hulp, dink ek dat dit weereens geregverdig is. Voordat ek dit kan doen, wil ek vir u eers bietjie agtergrond gee. Ek is reeds 63 jaar oud, het dus baie tye in hierdie pragtige land van ons meegemaak. Hou asseblief ook in gedagte dat my oorlede Moeder altyd gesê het dat ek met almal gesels, ongeag hulle kleur of status, ek het nie die verskil tussen swart, bruin en wit gesien nie. Vir my was almal bloot my medemens.[/SIZE][/FONT]
[FONT=Times New Roman][SIZE=3]Wat ek vir u hier gaan vertel, probeer ek so objektief moontlik vertel, u moet u eie mening daaraan toedig. In die apartheidsjare, het die swartmense besluit dat hulle ons uiteindelik met hulle getalle sou verslaan. Die gevolg was dat hulle veelvuldige aanwas propageer het. Hulle reg om so te doen, sou mens kon sê. Maar die gevolge het hulle moontlik nie kon voorsien. Hulle het nie noodwendig geld gehad om hierdie massas te laat ontwikkel nie – dus, miljoene werkloses waaraan die oppergesag wat veelvuldige aanwas propageer het, hulle gewoon nie steur nie. Werklose honger mense wend hulle maklik tot misdaad, ons moet immers almal oorleef. As ek en my kinders honger sou ly, wie weet of ek my nie ook tot misdaad sou wend nie?[/SIZE][/FONT]
[FONT=Times New Roman][SIZE=3]In hierdie land heers daar tans totale wetteloosheid, nie net op straat nie, ook in ons skole. Dissipline bestaan nie meer nie. Moet ook nie dink dat die misdaad net swart teen wit is nie, nee lankal nie meer nie! Dit is ook swart teen swart. Vir elke wit mens wat in vrees lewe is daar sekerlik twee maal soveel swartes wat in vrees leef. Net soos in die apartheidstyd, weet die huidige regering ook lank nie meer wat op voetsoolvlak aangaan nie. Hoe kan iemand wat elke dag deur ‘n klomp lyfwagte beskerm word, weet wat op straat aangaan?[/SIZE][/FONT]
[FONT=Times New Roman][SIZE=3]Een van julle het die mening uitgespreek dat al die grond en geld steeds in die hande van wit mense is. Dit is net ‘n totaal oningeligte persoon wat so iets kan kwytraak. Van die grond moontlik waar, maar nie van geld nie. Die swart mense aan wie grond toegeken is, het weinig ‘n sukses van die boerdery gemaak. Die geld is vandag in die hande van die swart mense – salaris gewys – dit is hulle wat nou goeie geld verdien. Ek gun dit vir hulle, vir dié wat dit verdien. Weet u hoeveel “gegradueerdes” met vervalste sertifikate, is in hierdie land in hoë posisies? Rassisme is totaal omgekeer.[/SIZE][/FONT]
[FONT=Times New Roman][SIZE=3]In die pragtige Kaapstad is niemand eens meer veilig op die mooie Tafelberg nie. Ek vra ook dat die buiteland ondersoek moet instel. Tans word die mense wat niks met apartheid te doen gehad het nie, gestraf en nie die ander nie![/SIZE][/FONT]
Ek haal weer aan wat ek vantevore hier kwytgeraak het. Dit het niks meer met swart teen wit te doen nie. Dit is onbeheerbare misdaad gebore uit werkloosheid en ongeletterdheid wat gelei het tot groot armoede.
Dit is stellig vir u onmoontlik om die situasie in te dink, maar die waarheid is dit wel!
Kandas is offline   Met citaat antwoorden
Antwoord



Regels voor berichten
Je mag niet nieuwe discussies starten
Je mag niet reageren op berichten
Je mag niet bijlagen versturen
Je mag niet jouw berichten bewerken

vB-code is Aan
Smileys zijn Aan
[IMG]-code is Aan
HTML-code is Uit
Forumnavigatie


Alle tijden zijn GMT +1. Het is nu 18:33.


Forumsoftware: vBulletin®
Copyright ©2000 - 2025, Jelsoft Enterprises Ltd.
Content copyright ©2002 - 2020, Politics.be